Mens kan net dankie sê vir ‘n troeteldierversorger soos Michelle. Hy neem absolute verantwoordelikheid en sorg vir die diere asof sy eie. Ek het met groot gemak en dankbaarheid my huis aan hom oorgelaat in my afwesigheid en het teruggekom om als in perfekte orde te vind, met die 4 katte goed versorg en geliefd. Ek is elke dag van berigte voorsien terwyl ek in die buiteland was. Hy is na my verwys deur iemand wat ek self absoluut vertrou het. Die enigste probleem is dat sy soort so dun gesaai is! Hoogs aanbeveel is eintlik onvanpas in hierdie omstandighede – eerder ‘n sina qua non.
Ronée